‘n Luukse landgoed, met klassieke afwerking in ‘n rustige plaasomgewing.
Geleë teen die hang van ‘n hoëveldse vallei, 20km oos van Pretoria, is Diamantvallei Landgoed ideaal vir ‘n bekostigbare naweektroue, privaat funksie, ‘n piekniek, ‘n wegbreek of besigheidsverblyf.
Hierdie pragtige, landelike grasdak-onthaalplek is ‘n lushof met groot, groen grasperke, omring deur loofryke bome en ander plantegroei. Met sy veelsydige karakter leen die landgoed hom tot ‘n verskeidenheid moontlikhede om jou geleentheid pasmaak uniek te maak en te versier met dekor volgens jou smaak.
Diamantvallei is sentraal geleë tussen Pretoria-Oos, Johannesburg Internasionale lughawe (Kempton Park) en Cullinan met Witbank maklik bereikbaar.
